Soveel jaar van appels pluk
my tong 'n stomme snaar
Wat sonder note stil bly le
Totdat die see bedaar
My appels was 'n dowwe rooi
van roes en yster saad
En nou blom hier 'n kei rankplant
Met arms van doring draad
Die wind, so sag, net soos 'n vrou
Het met 'n alto stem gesteun
Jy het lank gedink jy's net 'n kind
Maar dit was ook 'n leuen
Sy trek sterk hande
Deur my hare
Druk haar koue tande
Teen my nek
Los jou stewels, trek dit uit
Kom vat my hand, se sy
My appels draai van dowwe rooi
En elke een word kei
Die doring draad, die goue snaar
Die wind se girl se hand
Ek staan op die kantlyn en tuur oor die rand
Na waar die sprokies-span baljaar
Die son trek oos, die winter Noord
en tussen in
krul daar 'n woord
Van nag na dag en reen na ys
Ek kan jou wys, jou wys, jou wys
Sy fluister diep en sterk en sag
Van blare in hare en suikersoet lag
Dis sagter as Mozart en soeter as Bach
So sit ek en die wind en wag
No comments:
Post a Comment