Skraap jou blou naels oor my ribbes
Druk jou kneukels in my rug
Gly jou lippe oor my skouers
Blaas jou asem in my beenmurg
Streel jou koelte oor my voorkop
Vryf jou hitte oor my voete
Straal jou geelgoud deur my wimpers
Vee jou beeld uit my geheue
Stroom deur my vingerpunte
Verdwyn in sagte gras soos wyn
Draai deur my kop soos perdeblom
Vul my met genot en pyn
My stywe vasdruk ligte soen
My koper son my perlemoen
My glans geleentheid sonneblom
Bruin vel heuning bloeisel boomgom
No comments:
Post a Comment